Kronos

Kronos
Eertydse koning van die gode
Kronos sluk sy kind Poseidon in, Rubens.
Kronos sluk sy kind Poseidon in, Rubens.
Naam Kronos
God van Landbou; eertydse koning van die gode
Blyplek Aarde
Simbool Sekel
Vrou Rea
Ouers Uranos en Gaia
Broers, susters Rea, Okeanos, Huperion, Koios, Foibe
Kinders Zeus, Hera, Poseidon, Hades, Hestia, Demeter, Chiron, Kouretes
Romeinse eweknie Saturnus

Kronos (Grieks: Κρόνος) was in die Griekse mitologie die leier en die jongste van die eerste generasie Titane, goddelike afstammelinge van Gaia, die Aarde, en Uranos, die Lug. Hy het sy pa omvergewerp as leier en het tydens die sogenaamde Goue Era regeer tot hy weer deur sy seuns Zeus, Hades en Poseidon omvergewerp en in Tartarus gevange gehou is. Sy eweknie in die Romeinse mitologie is Saturnus.[1]

Vanweë sy verbintenis met die voortreflike Goue Era is Kronos aanbid as ’n god van die landbou en die oes. Hy word gewoonlik uitgebeeld met ’n sekel wat hy gebruik om gewasse te oes; dit is ook die wapen waarmee hy Uranos ontman en omvergewerp het.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search