Kunsmis

Ammoniumnitraat is 'n belangrike vorm van kunsmis omdat plante beide ammonium en nitraat benodig.

Kunsmis is 'n chemies voorbereide bemestingstof. In teenstelling met organiese mis bevat kunsmis hoofsaaklik anorganiese reste, wat dikwels ook minerale genoem word. Die samestelling van die kunsmis word bepaal deur die behoeftes van die verboude plante en die beskikbaarheid van plantvoedsel in die grond.

Veral stowwe soos stikstof, kalium en fosfate word in relatief groot hoeveelhede deur plante gebruik en veroorsaak dat landbougrond gou uitgeput raak.

Die produksie van stikstof-, kalium- en fosfaatverbindings geskied op groot skaal in die kunsmisnywerheid, wat een van die grootste vertakkinge van die swaar chemiese nywerhede is. Die ekonomiese betekenis van die kunsmisnywerheid kom sterk tot uiting in die verhoogde opbrengs uit landbougewasse.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search