Kwagga

Kwagga
'n Foto van 'n kwagga, Londen Dieretuin, 1870.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Subgenus:
Spesie:
Subspesie:
E. q. quagga
Trinomiale naam
Equus quagga quagga
Boddaert, 1785

Die kwagga is 'n uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus.[2] Dit het eens in groot getalle in Suid-Afrika se gewese Kaapprovinsie en die suidelike dele van die Oranje-Vrystaat voorgekom. Dit kon onderskei word van ander sebras deur die kenmerkende swart en wit strepe slegs aan die voorkant van die lyf. By die middellyf het die strepe verdof en het die donkerder tussenstreepspasies breër geword. Die agterkant was effe bruin. Die naam is afgelei uit die Khoi-woord vir "sebra", wat die klank van die kwagga se roep naboots. Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was 'n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.

  1. Hack, M.A., East, R. & Rubenstein, D.I. (2008). Equus quagga quagga. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 5 Januarie 2008.
  2. "Equus quagga quagga" Geargiveer 21 Augustus 2014 op Wayback Machine. The Extinction Website. 19 Mei 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search