Kwaito

Kwaito is 'n musiekgenre wat na vore getree het in Johannesburg, Suid-Afrika gedurende die 1990's. Dit is verwant aan house-musiek met die gebruik van Afrikaklanke. Die tempo is stadiger as ander house-genres, kwaito het ook baie keer 'n kwistige melodie, diep bas en koorgedeeltes. Ten spyte van die ooreenkomste met hip-hopmusiek, het kwaito 'n eiesoortige wyse waarop die lirieke gesing, gekletsrym en geskree word.[1]

Kwaito is sedert die negentigerjare die gewildste styl van die Suid-Afrikaanse populêre musiek, veral onder die jeug van die townships. Sy wortels is die musiek wat in die jare negentig – in die tyd van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing – die trefferslyste oorheers: Inheemse "bubblegum"-diskomusiek, hip-hop, house, rap, reggae en tradisionele mbaqanga, wat langsamer gespeel en met hard klinkende Zoeloe-gesang vermeng is. Opvallend is dat die taal wat gebruik word vir die teks nooit Engels is nie. Die Afrikatale word liewer gebruik, maar ook Tsotsitaal, wat op Afrikaans gebaseer is.

Kwaitopartytjies het hulle eie modestyl – geskakeerde tekstielhoede, sportklere met skitterende kleure en converse-stewels, wat van linne gemaak is. Dit is almal van die sestigerjare se modestyle ontleen.

Die kwaito-musiek het 'n eie klein ekonomiese bedryf met onafhanklike swart musieketikette en modeontwerpers geword, en die nuwe musiekstyl raak vinnig ook in Europese lande soos Frankryk en Spanje gewild.

  1. Coffee, Black. "A Chat with Black Coffee – Kwaito is Still Around". XLR8R (in Engels). xlr8r.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2018. Besoek op 5 Desember 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search