Leeumens

Die Löwenmensch-beeldjie na restourasie in 2013

Die Löwenmensch-beeldjie, ook genoem die Leeuman of die Leeumens van Hohlenstein-Stadel, is 'n prehistoriese ivoorbeeldhouwerk wat ontdek is in Hohlenstein-Stadel, 'n Duitse grot, in 1939. Die Duitse naam, Löwenmensch, wat beteken "leeupersoon" of "leeumens", word die meeste gebruik omdat dit in Duitsland ontdek is en uitgestal word.

Die beeldjie is tussen 35 000 en 40 000 jaar oud, soos bepaal deur radiokoolstofdatering van die laag waarin dit gevind is. Dit is een van die oudste bekende onbetwiste voorbeelde van 'n artistieke voorstelling, een van die oudste standbeelde wat ooit ontdek is, en die oudste bekende diervorm- (verdierliking) beeldhouwerk in die wêreld. Die ouderdom van die beeld assosieer dit met die argeologiese Acheuleense kultuur van die Laat-Paleolitikum.[1] Dit is uit mammoetivoor gekerf met 'n vuursteenmes. Sewe parallelle, dwarsgekerfde holtes is op die linkerarm.

Na verskeie rekonstruksies wat nuutgevonde fragmente ingesluit het, is die beeldjie 31,1 cm hoog, 5,6 cm breed en 5,9 cm dik. Dit word tans in die Museum Ulm vertoon.

  1. "14C dating - The age of the lion man". loewenmensch.de (in Duits). Ulm: Museum Ulm.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search