Lettergreep

'n Lettergreep is 'n eenheid van organisasie van spraakklanke. Dit bestaan gewoonlik uit 'n lettergreepkern (gewoonlik 'n vokaal) met opsionele aanvangs- en eindklanke (gewoonlik konsonante). Lettergrepe word gewoonlik gesien as die fonologiese boublokke van woorde.

Daar word onderskei tussen oop en geslote of toe lettergrepe. 'n Oop lettergreep eindig op 'n vokaal en 'n toe lettergreep eindig op 'n konsonant.

'n Algemene reël vir Afrikaans is dat as daar meer as een vokaalklank in 'n woord is, die woord in soveel letter- of klankgrepe verdeel kan word as wat daar vokaalklanke is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search