Liggewendheid

Op die Hertzsprung-Russell-diagram word die temperatuur van sterre geplaas teenoor hul ligsterkte.

Liggewendheid (ook luminositeit of ligsterkte genoem) is gewoonlik ’n aanduiding van helderheid. Verskillende vakgebiede definieer dit verskillend na gelang van wat gemeet word.

In sterrekunde is liggewendheid die totale hoeveelheid energie wat ’n ster of ander hemelliggaam uitstraal in SI-eenhede van joules per sekonde, of watt. ’n Watt is 'n eenheid van krag en net soos ’n gloeilamp word die Son in watts gemeet. Dit het ’n totale kraglewering van 3,846 x 1026 W. Dié waarde word gebruik as ’n basiese meeteenheid in sterrekunde en word aangedui as 1 sonligsterkte, of 1 L. Ander begrippe word ook gebruik vir liggewendheid, soos skynbare en absolute magnitude. Eersgenoemde is die helderheid van ’n hemelliggaam soos van die Aarde af gesien by sigbare golflengtes en laasgenoemde die werklike ligsterkte teen ’n vasgestelde afstand van 10 parsek by sigbare golflengtes. Die bolometriese magnitude is die totale kraglewering oor die hele elektromagnetiese spektrum.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search