Litaus

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Litauers.
Litaus
lietuvių kalba
Gepraat in: Vlag van Litaue Litaue
Vlag van Belarus Belarus
Vlag van Letland Letland
Vlag van Pole Pole
Vlag van Rusland Rusland
Gebied: Baltiese lande
Totale sprekers: 3,2 tot 4 miljoen (2,9 miljoen in Litaue) [1] 
Rang: 144
Taalfamilie: Indo-Europees
 Balties
  Oos-Balties
   Litaus 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Litaue Litaue
Gereguleer deur: Staatskommissie van die Litause taal
(Valstybinė lietuvių kalbos komisija)
Taalkodes
ISO 639-1: lt
ISO 639-2: lit
ISO 639-3: lit 
Verspreiding van Litaus

Litaus (lietuvių kalba) behoort saam met Lets tot die oostelike of sentrale groep van die Baltiese taalfamilie (alhoewel die twee tale wedersyds nouliks verstaanbaar is). Dit is die amptelike taal van Litaue en, sedert Litaue se aansluiting op 1 Mei 2004, ook een van die amptelike tale van die Europese Unie. Litaus word deur ongeveer vier miljoen moedertaalsprekers gepraat, waarvan 2,9 miljoen in Litaue.

Litaus is van groot belang vir die taalkunde vanweë sy behoudende karakter. So word dit as die mees argaïese van alle lewende Indo-Europese tale beskou wat naaste verwant is aan Proto-Indo-Europees. Volgens die sogenaamde Balto-Slawiese hipotese het 'n Balto-Slawiese prototaal uit Proto-Indo-Europees ontwikkel wat as gemeenskaplike voorloper van die Baltiese en Slawiese taalfamilies beskou word. Albei families behoort tot die Satem-tale binne die Indo-Europese taalgroep.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Lithuanian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 27 April 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search