Ljubljana

Ljubljana
Laibach • Lubiana

Ligging in Slowenië Wapen
Vlag
 Land Vlag van Slowenië Slowenië
 Koördinate 46°03′N 14°30′O / 46.050°N 14.500°O / 46.050; 14.500
 Eerste historiese verwysing 1144
 Oppervlakte:  
 - Totaal 163,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 295 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2015) 278 789
 - Bevolkingsdigtheid 1 702/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Zoran Janković (PS)
 Amptelike Webwerf ljubljana.si

Ljubljana (Sloweens: [ʎubˈʎa:nʌ], ; Duits soms ook: Laibach; Italiaans: Lubiana; Latyn: Labacum) is die hoofstad en grootste stad van Slowenië met 'n bevolking van 278 789 in 2015 en 'n oppervlakte van 163,8 km². Ljubljana is die kulturele, wetenskaplike, ekonomiese en administratiewe sentrum van die land. Die stad is aan die monding van die Ljubljana-rivier in die Sava, 'n sytak van die Donau, geleë. In 2021 is die werk van Jože Plečnik in Ljubljana as 'n mensgesentreerde stedelike ontwerp deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search