Loena-ruimteprogram

Loena 1
Loena 3
Loena 20
Loena-sendings na die maan

Loena is die naam van verskeie ruimtetuie wat die Sowjetunie tussen 1959 en 1976 na die maan gelanseer het. Hulle is soms ook Loenik genoem na aanleiding van die naam van die eerste Sowjet-satelliet, Spoetnik.

Vyftien was suksesvol en het talle eerstes in die ruimte behaal. Talle eksperimente is gedoen: die maan se chemiese samestelling, swaartekrag, temperatuur en bestraling is bestudeer. Altesaam 24 ruimtetuie het die naam Loena gekry, hoewel baie meer gelanseer is. Dié wat nie die ruimte gehaal het nie, is in dié tyd geheim gehou en het nie ’n Loena-nommer gekry nie. Dié wat in ’n wentelbaan om die aarde defek geraak het, het gewoonlik die naam Kosmos gekry.[1] Die beraamde koste van die Loenaprogram was ongeveer $4.5 miljard.

  1. Zak, Anatoly. "Russia's unmanned missions toward the Moon" (in Engels). RussianSpaceWeb. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 3 Augustus 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search