Luzon

Luzon
Ligging van Luzon in die Filippyne
Ligging van Luzon in die Filippyne
Geografie

Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 16°N 121°O / 16°N 121°O / 16; 121Koördinate: 16°N 121°O / 16°N 121°O / 16; 121
Argipel Filippyne

Hoofeilande Luzon, Mindoro, Palawan, Masbate, Catanduanes, Busuanga, Marinduque, Romblon, Polillo, Burias, Ticao, Alabat, Sibuyan, Tablas, Culion, Balabac, Bugsuk, Dumaran
Oppervlakte 109 965 vk km
Hoogste punt Berg Pulag 2 922 m
Administrasie
Vlag van Filippyne Filippyne
Provinsies Nasionale Hoofstad-streek, Bicol, Cagayan Valley, CALABARZON, Sentraal-Luzon, Cordillera, Ilocos

Hoofstad Manila
Grootste stad Quezon Stad (2 936 116)

Demografie
Bevolking 53 336 134

Bevolkingsgroepe Aeta, Bicolano, Gaddang, Ibanag, Igorot, Ilokano, Ilongot, Itawes, Kapampangan, Pangasinan, Sambal, Tagalog
Die wêreld se 15de grootste eiland en die grootste eiland van die Filippyne

Luzon (Engels: ; Spaans: Luzón; Tagalog: [luˈson]), die wêreld se 15de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 109 965 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die weste en die Filippynse See in die ooste. Luzon is die grootste, mees bevolkte en mees noordelike van die Filippynse eilande. Dit is ten noorde van die Visayas, oos van Indo-China, in die suidooste van die Volksrepubliek China en in die suide van die Republiek China op Taiwan geleë.[1] Luzon vorm saam met Mindanao en die Visayas die eilandnasie Filippyne.

Nasa-satellietbeeld van Luzon
Kaart van Luzon

Luzon is met 'n bevolking van meer as 53 miljoen die vierde meesbevolkte eiland in die wêreld ná Java, Honsjoe en Groot-Brittanje, asook die belangrikste eiland van die Filippyne. In Luzon se suidweste is Manila, die Filippynse hoofstad, en Quezon Stad, die Filippyne se grootste stad, geleë.

Die term Luzon verwys ook na die argipel in die noorde van die Filippyne, wat die gelyknamige hoofeiland, die Batanes- en Babuyan-eilande in die noorde, die Polillo-eilande in die ooste en die afgeleë eilande Catanduanes, Marinduque, Masbate, Romblon, Mindoro en Palawan in die suide insluit.

  1. "Luzon" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 26 April 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search