Maanafstand

’n Vergelyking in die Maan se grootte tydens sy perigeum en apogeum.

Maanafstand is ’n meeteenheid in sterrekunde. Dit is die gemiddelde afstand tussen die middelpunt van die Aarde en dié van die Maan. Meer tegnies gesproke is dit die gemiddelde halwe lengteas van die geosentriese wentelbaan van die Maan. Dit word ook die Aarde-Maan-afstand of afstand na die Maan genoem en word dikwels aangedui as LD of .[1]

Die gemiddelde halwe lengteas het ’n waarde van 384 402 km.[2] Die werklike afstand wissel na gelang van die Maan se wentelbaan, van 356 500 km by sy perigeum (naaste afstand) tot 406 700 km by sy apogeum (verste afstand), dus ’n verskil van 50 200 km.[3]

Maanafstand word gewoonlik gebruik om die afstand van naby-aarde-voorwerpe aan te dui.[4] Dit is ook ’n belangrike astronomiese data; dit help in die toets van swaartekragteorieë, soos algemene relatiwiteit,[5] en die verfyning van ander astronomiese waardes soos aardmassa,[6] aardradius[7] en die Aarde se rotasie.[8]

Millimeter-presisie-metings van die maanafstand word gedoen deur die tyd te meet waarin lig beweeg tussen laserstasies op die Aarde en retro-reflektors wat op die Maan geplaas is.

Die afstand tussen die Aarde en die Maan (die groottes en afstand is volgens skaal).
  1. Groten, Erwin (1 April 2004). "Fundamental Parameters and Current (2004) Best Estimates of the Parameters of Common Relevance to Astronomy, Geodesy, and Geodynamics by Erwin Groten, IPGD, Darmstadt" (PDF). Journal of Geodesy. 77 (10–11): 724–797. doi:10.1007/s00190-003-0373-y. Besoek op 2 Maart 2016.
  2. Battat, J. B. R.; Murphy, T. W.; Adelberger, E. G. (Januarie 2009). "The Apache Point Observatory Lunar Laser-ranging Operation (APOLLO): Two Years of Millimeter-Precision Measurements of the Earth-Moon Range". Astronomical Society of the Pacific. 121 (875): 29–40. doi:10.1086/596748. Besoek op 27 Februarie 2016.
  3. Murphy, T W (1 Julie 2013). "Lunar laser ranging: the millimeter challenge" (PDF). Reports on Progress in Physics. 76 (7): 2. doi:10.1088/0034-4885/76/7/076901.
  4. "NEO Earth Close Approaches". Neo.jpl.nasa.gov (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2017. Besoek op 22 Februarie 2016.
  5. Williams, J. G.; Newhall, X. X.; Dickey, J. O. (15 Junie 1996). "Relativity parameters determined from lunar laser ranging" (PDF). Physical Review D. 53 (12): 6730–6739. doi:10.1103/PhysRevD.53.6730.
  6. Shuch, H. Paul (Julie 1991). "Measuring the mass of the earth: the ultimate moonbounce experiment" (PDF). Proceedings, 25th Conference of the Central States VHF Society. American Radio Relay League: 25–30. Besoek op 28 Februarie 2016.
  7. Fischer, Irene (Augustus 1962). "Parallax of the moon in terms of a world geodetic system" (PDF). The Astronomical Journal. 67: 373. doi:10.1086/108742.
  8. Dickey, J. O.; Bender, P. L.; et al. (22 Julie 1994). "Lunar Laser Ranging: A Continuing Legacy of the Apollo Program" (PDF). Science. 265 (5171): 482–490. doi:10.1126/science.265.5171.482.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search