Maja

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die etniese groep, sien Majas, vir hul taal, sien Majaans, en vir die taalfamilie, sien Majatale.
Ligging van die Majaanse beskawing in Meso-Amerika
Verspreiding van Majatale in Sentraal-Amerika
Die Kukulkanpiramide in Chichén Itzá, Yucatán-skiereiland, Meksiko
Struktuur II in Calakmul, een van die grootste geboue van die Majas
Copán se balspelplek
'n Uitsig oor die Majaterrein van Joya de Cerén
Paleis in Palenque
Groot Plaza van Quiriguá
Tikal se Tempel I
'n Uitsig oor Uxmal. Voor links: duiwehok, regs: hoofpiramide. Agter links: Noord-groep, middel: sustersvierhoek, regs: skilpadhuis en towenaarpiramid
Cenote in Chichen Itzá, nes talle offers het die lot van hierdie cenote meer as vyftig skelette bevat
Tekening deur Frederick Catherwood van die Nunnery-kompleks in Uxmal
Jadebegrafnismasker van koning K'inich Janaab 'Pakal
Majamigrasie volgens tradisies
Klassieke Majahiërogliewe in Palenque, Meksiko

Die Majas is 'n etniese groep en die nasate van die gelyknamige Meso-Amerikaanse beskawing wat in die huidige lande Belize, El Salvador, Guatemala, Honduras en Meksiko se Yucatán-skiereiland woon. Die historiese middelpunt van die beskawing was in die hedendaagse Meksikaanse deelstate Yucatán, Campeche en Quintana Roo. Die belangrikste taal van die Majas is Majaans, een van die oorblywende Majatale. Hedendaags is die meeste Majas tweetalig met Spaans as tweede taal.

Die Majas is veral bekend vir hul kuns, argitektuur, wiskundige en sterrekundige stelsel, vir die kalender wat deur die Asteke oorgeneem en aangepas is en die hoogsontwikkelde skryfstelsel, wat ook vir getalle gebruik is. Die Majaskryfstelsel is die enigste wat vandag uit die pre-Colombiaanse Amerika bekend is.

Die klassieke tydperk van die Majabeskawing het gestrek van 250 tot 900 n.C. Die Majas het nie 'n verenigde land gestig nie en het in onafhanklike stadstate gewoon. Die state het op hul hoogtepunt rofweg die huidige lande Meksiko, Guatemala en die noorde van Belize beslaan. Bekende ruïnestede sluit in Calakmul, Chichén Itzá, Copán, El Mirador, Joya de Cerén, Palenque, Quiriguá, Tikal en Uxmal.

Die Majastate is vernietig deur die Spaanse conquistadores onder leiding van Francisco de Montejo wat Yucatán verower het en Pedro de Alvarado wat Guatemala verower het. Tydens die Kasteoorlog tussen 1847 en 1901 het die Majas in die Meksikaanse gebied teen die bewind van die Republiek van Yucatán en later teen die Meksikaanse staat gerebelleer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search