Majeurtoonleer

Die majeurtoonleer of Ioniese toonleer is een van die algemeenste toonlere, veral in Westerse musiek. Dit is een van die diatoniese toonlere. Soos baie ander toonlere bestaan dit uit sewe note: die agtste is dieselfde as die eerste, maar teen ’n verdubbelde frekwensie sodat dit ’n hoër oktaaf van dieselfde noot genoem word (uit Latyns "octavus", die agtste).

Die eenvoudigste majeurtoonleer om te skryf is C-majeur, die enigste majeurtoonleer wat geen kruise of molle nodig het nie:

C-D-E-F-G-A-B-C (C-majeurtoonleer)

Die majeurtoonleer was van sentrale belang in Europese musiek, veral gedurende die tydperk van klassieke Westerse harmonie en in populêre musiek, as gevolg van die groot aantal akkoorde wat daaruit gevorm kan word.[verwysing benodig]


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search