Manhattan-projek

Manhattan-projek
Die Trinity-toets van die Manhattan-projek was die eerste kernwapenontploffing.
Die Trinity-toets van die Manhattan-projek was die eerste kernwapenontploffing.
Die Trinity-toets van die Manhattan-projek was die eerste kernwapenontploffing.
Gestig 1942
Ontbind 15 Augustus 1947
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Kanada Kanada
Onderdeel van Amerikaanse Weermagkorps van Ingenieurs
Hoofkwartier Oak Ridge, Tennessee, VSA
Veldslae Geallieerde inval in Italië
Geallieerde inval in Frankryk
Geallieerde inval in Duitsland
Atoombomaanvalle op Hirosjima en Nagasaki
Geallieerde besetting van Japan
Onderskeiding

Die Manhattan-projek was 'n navorsings- en ontwikkelingsonderneming gedurende Tweede Wêreldoorlog wat die eerste kernwapen vervaardig het. Dit is gelei deur die Verenigde State met die steun van die Verenigde Koninkryk en Kanada. Van 1942 tot 1946 was die projek onder leiding van generaal-majoor Leslie Groves van die US Army Corps of Engineers. Kernfisikus Robert Oppenheimer was die direkteur van die Los Alamos-laboratorium wat die kernwapens ontwerp het. Die weermagkomponent van die projek was eers as die Manhattan District bekend; Manhattan het geleidelik die amptelike kodenaam, Development of Substitute Materials vir die hele projek vervang. Later het die vroeëre Britse eweknie, "Tube Alloys" ook deel van die projek geword. Die Manhattan-projek het in klein begin in 1939, maar het gegroei totdat meer as 130 000 mense in diens geneem was en het bykans VS$2 miljard gekos. Meer as 90 persent van die koste was om fabrieke te bou en splytbare materiaal te vervaardig, met minder as 10 persent vir die ontwikkeling en vervaardiging van die wapens. Navorsing en produksie het op meer as dertig terreine in die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Kanada plaasgevind.

Twee tipes atoombomme is gelyktydig tydens die oorlog ontwikkel: 'n betreklik eenvoudige kanonloop-tipe en 'n meer ingewikkelde ineenploftipe kernwapen. Die Thin Man-kanonloop-ontwerp was onprakties om saam met plutonium te gebruik, en daarom is 'n eenvoudiger kanonloop-tipe genaamd Little Boy ontwikkel wat uraan-235 gebruik, 'n isotoop wat slegs 0,7 persent van natuurlike uraan uitmaak. Aangesien dit chemies identies is aan die algemeenste isotoop, uraan-238, en byna dieselfde massa het, is dit moeilik om die twee te skei. Drie metodes is gebruik vir uraanverryking: elektromagneties, gasvormig en termies. Die meeste van hierdie werk is in die Clinton Engineer Works in Oak Ridge, Tennessee, uitgevoer.

Parallel met die werk aan uraan was die poging om plutonium te vervaardig, 'n proses wat in 1940 aan die Universiteit van Kalifornië ontdek is. Die haalbaarheid van die wêreld se eerste kunsmatige kernreaktor, die Chicago Pile-1, is in 1942 by die Metallurgical Laboratory gedemonstreer. By die Universiteit van Chicago het die projek die X-10 Grafietreaktor by Oak Ridge ontwerp en die produksiereaktore op die Hanford-terrein in Washington, waarin uraan bestraal en omgeskakel is na plutonium. Die plutonium is toe chemies van die uraan geskei met behulp van die bismutfosfaatproses. Die Fat Man-plutonium-ineenploftipe wapen is ontwikkel in 'n gesamentlike ontwerp- en ontwikkelingspoging deur die Los Alamos-laboratorium.

Die projek was ook verantwoordelik vir die insameling van intelligensie oor die Duitse kernwapenprogram. Deur Operasie Alsos het personeel van Manhattan-projek in Europa gedien, soms agter vyandelike lyne, waar hulle kernmateriaal en dokumente versamel het en Duitse wetenskaplikes gewerf het. Ondanks die streng sekuriteit van die Manhattan-projek, het die Sowjet-atoomspioene die program suksesvol binnegedring. Die eerste kerntoestel wat ooit ontplof is, was 'n bomontploffing tydens die Trinity-kernwapentoets wat op 16 Julie 1945 by die Alamogordo Bombing and Gunnery Range in Nieu-Meksiko uitgevoer is. Little Boy en Fat Man bomme is 'n maand later as kernwapens in onderskeidelik Hiroshima en Nagasaki gebruik met personeel van Manhattan-projek wat as bommonteringtegnikuste en as wapentegnikuste op die bomwerpers gedien het. In die onmiddellike naoorlogse jare het die Manhattan-projek wapentoetse by die Bikini-ringeiland uitgevoer as deel van Operation Crossroads, nuwe wapens ontwikkel, die ontwikkeling van die netwerk van nasionale laboratoriums bevorder, mediese navorsing oor radiologie gesteun en die grondslag gelê vir die kernvloot. Dit het beheer oor Amerikaanse navorsing en produksie van kernwapens behou tot die stigting van die Amerikaanse atoomenergiekommissie in Januarie 1947.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search