Manitoba



Manitoba
Vlag Landswapen
(Vlag van Manitoba) (Landswapen van Manitoba)
Leuse : Gloriosus et Liber
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Winnipeg
49°58′N 97°07′W / 49.967°N 97.117°W / 49.967; -97.117
Grootste stad Winnipeg
Goewerneur-generaal Janice Filmon
Eerste Minister Heather Stefanson (Progressisve Conservative Party)
Oppervlakte 647 797 km²
 - Land 553 556 vk km
 - Water 64 241 vk km (14,5%)
Bevolking (2011)
 - Totaal 1 208 268 inw.
 - Digtheid 2,2 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
 - Datum 15 Julie 1870
Verteenwoordiging in die Parlement
 - Parlement 14
 - Senaat 6
Posafkorting MB
Voorsetsel by poskode R
Tydsone UTC -6
Internet-domein .mb.ca

Manitoba is 'n Kanadese provinsie. Dit was in 1870 deur die Kanadese regering gestig as die vyfde provinsie. Die bevolking (2006) is 1 178 348. Manitoba is die mees oostelike van die drie Prairie-provinsies.

Die provinsiale hoofstad, en woonplek van die meeste van die bevolking, is Winnipeg. Brandon, Dauphin, Thompson, Portage la Prairie, Flin Flon en Churchill is ander belangrike dorpe. Saskatchewan grens aan die weste van Manitoba en Ontario aan die ooste.

Manitoba is bekend vir sy talle mere: vars water bedek ongeveer 14% van die oppervlak. Die grootste van die mere is die Winnipegmeer en Lake Manitoba. Groot riviere sluit in die Red, die Assiniboine, die Winnipeg, die Nelson en die Churchill.

Die klimaat is tipies van 'n noordelike kontinentale gebied, met baie koue winters en warm somers. Die suidelike gedeelte ontvang die meeste reën, hoofsaaklik in die lente. In die somer is dit dikwels vogtig en donderstorms is algemeen.

Die provinsie se hoofnywerheid is land- en beesbou. Die mees algemene gewasse is olie-saad (by voorbeeld vlas) en koring. Manitoba verteenwoordig 11% van Kanada se landbou oppervlak. Vervaardiging van motor- en vliegtuigonderdele sowel as verwerking van landbouprodukte is ook belangrik.

Die regering volg die Westminster-model, met 'n Luitenant-Goewerneur wat die Britse koning of koningin verteenwoordig. Die hoof van die party met die meeste setels in die enkel-kamer parlement word die Premier. Die huidige Luitenant-Goewerneur is die Eerbare John Harvard, en die Eerste Minister is Gary Doer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search