Marshall-plan

Plakkaat van Marshall-plan

Die Marshall-plan was 'n omvattende materiële hulpplan vir Europa wat drie jaar na die Tweede Wêreldoorlog in werking getree het op inisiatief van die destydse Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, George C. Marshall.

Die Europese Herstelprogram (ERP) was gerig op die ekonomiese heropbou van die lande wat deur die oorlog in Europa geraak is. 'n Belangrike motief vir hierdie hulp was om 'n sterk buffer te vorm teen die uitbreiding van kommunisme uit die Sowjetunie van Josef Stalin. Die betrekkinge tussen die Verenigde State en die Sowjetunie het vinnig agteruitgegaan en tot die "Truman-doktrine" gelei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search