Masaccio

Masaccio
Detail van Petrus wat die Seun van Theophilus ophef en as die Eerste Biskop van Antiogië Gekroon word, Brancacci-kapel, S. Maria del Carmine, Florence
Gebore
Tommaso di Ser Giovanni di Mone (Simone) Cassai

(1401-12-21)21 Desember 1401
Sterfsomer 1428 (ouderdom, 26)
NasionaliteitItaliaans
BewegingVroeë Renaissance

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Masaccio se fresko, Die Uitdrywing (1426–1427) die bykomende vyeblare verloor.

Masaccio (Engelse uitspraak (VK): m|æ|ˈ|s|æ|tʃ|i|oʊ, Engelse uitspraak (VSA): m|ə|ˈ|s|ɑː|tʃ|i|oʊ|,_|m|ə|ˈ|z|ɑː|tʃ|(|i|)|oʊ,[1][2][3] Italiaans: maˈzattʃo; 21 Desember 1401 – somer 1428), gebore as Tommaso di Ser Giovanni di Simone, was 'n Florentynse kunstenaar wat beskou word as die eerste groot Italiaanse skilder van die Quattrocentotydperk van die Italiaanse Renaissance. Masaccio was volgens Vasari as gevolg van sy vaardigheid wat betref die namaak van natuurtonele en die herskepping van lewensgetroue figure en bewegings, sowel as die vermoë om 'n oortuigende atmosfeer van drie-dimensionaliteit te skep, die beste skilder van sy generasie gewees.[4] Hy het van naakfigure en voorverkortings in sy figure gebruik gemaak. Die tegniek was selde voor hom van gebruik gemaak.[5]

Die naam Masaccio is 'n humoristiese weergawe van Maso (kort vir for Tommaso), wat "lomp" (ook "onhandig") of "rommelig(e)" Tom beteken. Die naam kon dalk geskep gewees het ten einde hom van sy hoof teenstander of opponent; wat ook Maso genoem is, en weldra bekend sou staan as Masolino ("klein/delikate Tom"); te onderskei.

Ten spyte van sy kort loopbaan het hy 'n diepgaande invloed op ander kunstenaars uitgeoefen. Hy word beskou as die kunstenaar wat die vroeë Italiaanse Renaissance in die skilderkuns begin het met sy werk in die middel - en laat-1420's. Hy was een van die eerste kunstenaars om lineêre perspektief in sy skilderkuns te gebruik, met die gebruikmaking van sulke tegnieke soos verdwijnpunt wat sodoende vir die eerste keer in kuns gebruik is. Hy het wegbeweeg van die Internasionaal Gotiese styl en die uitvoerige ornamentasie van kunstenaars soos Gentile da Fabriano, na 'n meer naturalistiese styl wat gebruik gemaak het van perspektief en chiaroscuro vir groter realisme.

Masaccio het op die jeugdige ouderdom van ses-en-twintig jaar beswyk. Min is bekend oor die presiese omstandighede van sy dood.[6] Nadat hy verneem het van Masaccio se dood het die groot meester Filippo Brunelleschi gesê: "Ons het 'n enorme verlies gely." [7]

  1. "Masaccio" Geargiveer 1 Junie 2019 op Wayback Machine (VSA) en Sjabloon:Cite Oxford Dictionaries
  2. Sjabloon:Cite American Heritage Dictionary
  3. Sjabloon:Cite Merriam-Webster
  4. Giorgio Vasari, Le Vite de' piu eccellenti pittori, scultori ed architettori, ed. Gaetano Milanesi, Florence, 1906, II, 287-288.
  5. Vasari, Giorgio, "The Lives of the Artists" Translated by Julia Conaway Bondanella and Peter Bondanella, Oxford World Classics.
  6. The Guardian, Masaccio, the old master who died young
  7. Vasari, Giorgio, "The Lives of the Artists" Translated by Julia Conaway Bondanella and Peter Bondanella, Oxford World Classics.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search