Masturbasie

Manlike masturbasie

Masturbasie is die praktyk van selfbevrediging deur die seksuele organe met die hand te stimuleer.

Vroeër is ook daarna as selfbevlekking verwys omdat daar geglo is dat dit tot sielkundige afwykings en uiteindelik waansin kon lei. 'n Ander term hiervoor is "onanie", afgelei van die verhaal in Genesis 38:9 waar geskryf staan: "Onan het geweet dat die kinders wat gebore sou word, nie as syne beskou sou word nie, en daarom het hy elke keer as hy met die weduwee van sy broer gemeenskap gehad het, gesorg dat sy saad op die grond kom. Hy wou nie dat daar kinders vir sy broer gebore word nie." "Onanie" is dus eerder 'n korrekte beskrywing van coitus interruptus, oftewel saadstorting buite die vagina. In dié geval was dit 'n beskrywing van die weiering om aan die "swaerhuwelik" gehoor te gee.

Wedersyde masturbasie soos uitgebeeld deur die skilder Johann Nepomuk Geiger

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search