Matriargie

Die term matriargie verwys na 'n familie, nasie of bevolkingsgroep wat deur vroue gelei word. In sommige gevalle lei die matriarg die volk op geestelike of morele vlak, terwyl die politieke gebied deur mans oorheers word. Koningin Elizabeth word deur sommige ook as 'n matriarg beskou, alhoewel sy ook 'n monarg is.

"Matriargie" beteken letterlik "die heerskap van die moeder" en is saamgestel uit die Latynse mater ("moeder") en die Griekse archein ("heers, reël") of archē ("opperste-, eerste-", "staan boaan". Dit is na analogie van patriargie, wat 'n baie ouer term is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search