Matso

Matso
Masjienvervaardigde matso uit Jerusalem.
Masjienvervaardigde matso uit Jerusalem.
Soort gereg Ongesuurde brood
Hoofbestanddeel Meel van koring, gort, spelt, rog of hawer
Oorsprong Antieke Egipte
'n Ronde matso.

Matso (meervoud: matso's) is 'n ongesuurde, plat soort brood wat deel van die Joodse kookkuns is en deel vorm van die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach), wanneer brood met suurdeeg verbode is. Dit kan vierkantig of rond wees.

Volgens die Tora het God opdrag gegee dat die Israeliete gedurende die sewe dae lange fees net ongesuurde brood eet.[1] Matso's kan óf sag soos 'n pita[2] óf krakerig wees. Net laasgenoemde word kommersieel vervaardig, want sagte matso's het nie 'n lang raklewe nie. Matsomeel kan ook gebruik word om ronde matsoballe (Jiddisj: kneidlach) te maak, wat die hoofbestanddeel van matsobalsop is.

  1. Eksodus 12:15
  2. "In Time for the Holiday: What is Matzah? How is it Baked?". IsraelNationalNews.com. 25 Maart 2010. Besoek op 19 Februarie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search