Mbala

Mbala
Mbala is in Zambië
Mbala
Mbala
Koördinate: 8°50′0″S 31°28′0″O / 8.83333°S 31.46667°O / -8.83333; 31.46667
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieNoordelike Provinsie
DistrikMbala
TydsoneUTC+2 (SAST)

Mbala is Zambië se mees noordelike groot dorp en lê strategies na aan die grens met Tanzanië en op die suidelike toegangsroetes tot die Tanganjika-meer, 40 km na die noordooste, waar die meerhawe Mpulungu geleë is. Die dorp lê op die ou Great North Road, 165 km noord van Kasama. In 'n stadium was dit die eindpunt van die pad, 'n gedeelte van Cecil John Rhodes se droom van 'n pad van die Kaap na Kaïro, wat noodwendig hier moes ophou omdat Tanzanië destyds in Duitse besit was.

As Abercorn was Mbala 'n belangrike buitepos van die Britse koloniale beheer oor die destydse protektoraat van Noord-Rhodesië. Dit is tans die hoofdorp van een van die Noordelike Provinsie se administratiewe distrikte. Die bevolking neem na raming teen 4% jaarliks toe. In 2009 het die dorp 'n geskatte 24 066 inwoners gehad,[1] vergeleke met 11 116 volgens die sensus van 1990.

  1. http://www.world-gazetteer.com/wg.php?x=&men=gcis&lng=en&des=wg&srt=npan&col=abcdefghinoq&msz=1500&geo=-246[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search