Meem

Die term meem (Engels: meme), geskep in 1976 deur die dierkundige en ewolusionêre wetenskaplike Richard Dawkins, verwysend na 'n eenheid van kulturele informasie wat oordraagbaar is van een persoon na 'n ander. 'n Meem word ook van geslag tot geslag oorgedra. Dawkins voer aan dat "deuntjies, populêre sêgoed, gelowe, klere modes, maniere van potte maak of die bou van boë" almal voorbeelde van meme kan wees. 'n Meem plant homself voort as 'n eenheid van kulturele ewolusie en diffusie – soortgelyk in baie opsigte aan die optrede van die geen (die eenheid vir genetiese informasie). Meestal versprei meme as geïntegreerde kooperatiewe stelle of groepe waarna verwys word as meemplekse of meemkomplekse.

Die idee van die meem op sigself is 'n suksesvolle meem in eie reg en het in die populêre kultuur bekend geraak, iets wat selde gebeur met wetenskaplike teorie.

Voorstanders van meme beweer dat dit deur middel van natuurlike seleksie ontwikkel – op 'n manier soortgelyk soos deur Charles Darwin voorgestel. Dit op die premis dat variasie, mutasie, kompetisie en oorerwing die "voortplanting" sukses beïnvloed. Byvoorbeeld terwyl een idee uitsterf sal ander oorleef, versprei en muteer - vir goed of sleg - deur modifikasie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search