Megalodon

Megalodon
Tydperk: Middel-Mioseen-Laat Plioseen, 15.9–2.6 m. jaar gelede
’n Voorstelling van die megalodon.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Genus:
Carcharodon of †Carcharocles

Megalodon (wat "groot tand" beteken) is ’n uitgestorwe spesie haaie wat sowat 15,9 miljoen tot 2,6 miljoen jaar gelede tydens die Middel-Mioseen tot Laat Plioseen voorgekom het. Daar word reeds byna ’n eeu lank gedebatteer oor die wetenskaplike klassifikasie van C. megalodon – of dit Carcharodon megalodon (familie Lamnidae) of Carcharocles megalodon (familie Otodontidae) is.[1] Daarom word die naam van die spesie gewoonlik afgekort tot C. megalodon.

C. megalodon word beskou as een van die grootste en kragtigste roofdiere van alle gewerweldes.[2] Dit het waarskynlik ’n groot impak op die struktuur van die seelewe gehad.[3] Fossiele dui daarop dat dié reusehaai ’n maksimum lengte van 28,5 m kon gehaal het en dat dit in alle habitats voorgekom het.[1] Wetenskaplikes glo dit het soos ’n stewiger weergawe van die grootwithaai, Carcharodon carcharias, gelyk.[4]

  1. 1,0 1,1 Pimiento, Catalina; Dana J. Ehret; Bruce J. MacFadden; Gordon Hubbell (10 Mei 2010). Stepanova, Anna (red.). "Ancient Nursery Area for the Extinct Giant Shark Megalodon from the Miocene of Panama". PLoS ONE. Panama: PLoS.org. 5 (5): e10552. Bibcode:2010PLoSO...510552P. doi:10.1371/journal.pone.0010552. PMC 2866656. PMID 20479893. Besoek op 12 Mei 2010.
  2. Wroe, S.; Huber, D. R.; Lowry, M.; McHenry, C.; Moreno, K.; Clausen, P.; Ferrara, T. L.; Cunningham, E.; Dean, M. N.; Summers, A. P. (2008). "Three-dimensional computer analysis of white shark jaw mechanics: how hard can a great white bite?" (PDF). Journal of Zoology. 276 (4): 336–342. doi:10.1111/j.1469-7998.2008.00494.x.
  3. Lambert, Olivier (1 Julie 2010). "The giant bite of a new raptorial sperm whale from the Miocene epoch of Peru". Nature. Peru. 466 (7302): 105–108. Bibcode:2010Natur.466..105L. PMID 20596020. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named G

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search