Meksikostad

Meksikostad
Ciudad de México
Altepetl Mexico

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Meksiko Meksiko
 Deelstaat Distrito Federal
 Koördinate 19°26′N 99°08′W / 19.433°N 99.133°W / 19.433; -99.133
 Stigting van México-Tenochtitlan 13 Maart 1325[1]
 Stigting van Meksikostad 13 Augustus 1521[2]
 Stigting van die Federale Distrik 18 November 1824[3]
 Stigting van Meksikostad 29 Januarie 2016[4]
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 485 vk km[5]
 Hoogte bo seevlak 2 240–3 930 m[6]
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 9 209 944[7]
 - Bevolkingsdigtheid 6 200/vk km
 - Metropolitaanse gebied 21 804 515[8]
 Tydsone UTC-6 (CST)
 Somertyd UTC -5 (CDT)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 13 / 19,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 832 mm
 Burgemeester Claudia Sheinbaum
(Morena)
 Amptelike webwerf cdmx.gob.mx
Kaart van die Texcocomeer in 1519 in die vallei van Meksiko op die gebied van die huidige Meksikostad
Kaart van die metropolitaanse gebied van Meksikostad. 'n groot deel van die stadsgebied is geleë in die deelstaat México
Satellietbeeld van Meksikostad
Die Onafhanklikheidsengel (El Ángel de la Independencia) op die Paseo de la Reforma

Meksikostad of Mexikostad (Spaans: Ciudad de México, [sjuˈða(ð) ðe ˈmexiko], , afgekort: CDMX; Nahuatl: Altepetl Mexico) is die hoofstad en grootste stad van Meksiko, wat nie deel uitmaak van een van die 31 Meksikaanse deelstate nie, maar in die Federale Distrik geleë is. Die stad is die setel van die federale magte van Meksiko[9] en dié land se belangrikste politieke, kulturele, opvoedkundige en finansiële sentrum. Die bynaam is La Ciudad de los Palacios (“die stad van paleise”), so genoem deur die Duitse natuurkundige Alexander von Humboldt, wat die stad in die 19de eeu besoek het.

As 'n alfa-wêreldstad[10] is Meksikostad een van Noord-Amerika se belangrikste finansiële sentrums.[11] Dit is geleë in die vallei van Meksiko (Valle de México), 'n groot vallei in die hoë plato by die sentrum van Meksiko, op 'n hoogte van 2240 meter bo seevlak. Die stad bestaan uit 16 munisipaliteite (Spaans: alcaldías).

  1. (es) "Secretaría de Relaciones Exteriores – México". Sre.gob.mx. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2011. Besoek op 23 Januarie 2014.
  2. (es) "De la Colonia / 13 agosto de 1521: rendición de México-Tenochtitlan". Redescolar.ilce.edu.mx. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2013. Besoek op 23 Januarie 2014.
  3. (es) "Conmemora la SecretarĂ­a de Cultura el 185 Aniversario del Decreto de CreaciĂłn del Distrito Federal". Cultura.df.gob.mx. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2013. Besoek op 23 Januarie 2014.
  4. (en) David Agren (29 Januarie 2016). "Mexico City officially changes its name to – Mexico City". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 13 Oktober 2018.
  5. (es) "Resumen". Cuentame INEGI. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2010. Besoek op 23 Januarie 2014.
  6. (es) "Relieve". Cuentame INEGI. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2011. Besoek op 23 Januarie 2014.
  7. (es) "Encuesta Intercensal 2015" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 8 Desember 2015.
  8. (es) "Mexico Demographics Profile 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2020. Besoek op 13 Oktober 2018.
  9. (es) "Artículo 44" (PDF). Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2020. Besoek op 23 Januarie 2014.
  10. (en) Foreign Policy (2008). "The 2008 Global Cities Index". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2010. Besoek op 23 Januarie 2014. {{cite web}}: |author= has generic name (hulp)
  11. (en) "WFE – Member Exchanges". World-exchanges.org. 8 April 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2015. Besoek op 23 Januarie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search