Melilla

Outonome Gemeenskap van Melilla
Ciudad Autónoma de Melilla (Spaans)
Vlag Wapen
Hoofstede Melilla
Koördinate 35°17′32″N 2°56′27″W / 35.29222°N 2.94083°W / 35.29222; -2.94083
Oppervlak
 – Totaal
 – % van Spanje
Gelys 19de
12,3 km²
0,00244%
Bevolking
 – Totaal (2024)
 – % van Spanje
 – Bevolkingsdigtheid
Gelys 18de
60 000
0,16%
1 000/km²
Statuut van Selfregering 14 Maart 1995
ISO 3166-2 ES-ML
Parlementêre verteenwoordiging
 – Setels in die Spaanse Kongres
 – Setels in die Spaanse Senaat
Cortes Generales
1 (benoem deur outonome regering)
2 (benoem deur outonome regering)
President Juan José Imbroda Ortíz (PP)
Gobierno de Melilla

Melilla (Spaans: Ciudad Autónoma de Melilla) is 'n vrye hawe en moderne handelstad aan die kus van Noord-Afrika en word geheel en al deur Marokko omring, hoewel dit deur Spanje saam met Ceuta as deel van die provinsie Cádiz geadministreer word. Die bevolking tel 60 000 in 2024.

Kaart van Melilla

Die stad is as 'n hawe deur die Fenisiërs gestig en het in 1863 'n vrye hawe geword. Spanje het dit in 1926 weer in besit geneem. Daar is 'n lughawe en veerbote wat dit met Málaga in Spanje verbind.

Melilla dryf hoofsaaklik handel in ystererts. Daar is ook 'n vlootskeepswerf. Die besienswaardighede is onder meer die ou stadswyk en die 16de eeuse Kerk van die Purisíma Concepción.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search