Mengbaarheid

Diesel is nie mengbaar met water nie. Die helder reënboogpatroon is 'n interferensiepatroon wat veroorsaak word deur die dun laag olie wat op die water dryf.

Mengbaarheid is die eienskap van stowwe wat in alle verhoudings oplosbaar is, met ander woorde, wat teen enige konsentrasie met mekaar gemeng kan word om 'n homogene oplossing te vorm. Die term word dikwels op vloeistowwe toegepas, maar is ook van toepassing op vaste stowwe en gasse. Water en etanol is byvoorbeeld mengbaare, want hulle vorm in alle verhoudings 'n ware oplossing.[1]

Twee stowwe word "onmengbaar" genoem as daar verhoudings bestaan waar hulle nie in mekaar oplos nie. Byvoorbeeld, butanoon is aansienlik oplosbaar in water, maar butanoon en water is nie mengbaar nie, want hulle is nie oplosbaar in alle verhoudings nie.[2]

  1. Wade, Leroy G. Organic Chemistry. Pearson Education. p. 412. ISBN 0-13-033832-X.
  2. Stephen, H.; Stephen, T. (22 Oktober 2013). Binary Systems: Solubilities of Inorganic and Organic Compounds, Volume 1P1 (in Engels). Elsevier. ISBN 9781483147123.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search