Meter

'n Krieketkolf en 'n meterstok langs mekaar. Die kolf is omtrent 90 cm lank.

Die meter (simbool: m) is die SI-basiseenheid van lengte. Dit word gedefinieer as die afstand wat lig aflê in 'n absolute vakuum in 'n tydsinterval van 1 / 299 792 458 van 'n sekonde.[1]

Deur 'n SI-voorvoegsel voor die woord meter te voeg word veelvoude en breukdele aangedui; byvoorbeeld kilometer (1 000 meter; kilo- = 1 000) en nanometer (een miljardste van 'n meter; nano- = 1 / 1 000 000 000).

  1. "Le Système international d'unités (SI)/The International System of Units (SI) – 8ste uitgawe" (PDF) (in Frans (amptelik) en Engels (vertaling)). Internasionale Buro vir Mate en Gewigte. 2006. pp. 22, 112. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020. Besoek op 22 Januarie 2015.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search