Midde-Ooste

'n Kaart van die Midde-Ooste.
Midde-Oosterse kaart van Köppen se klimaats-klassifikasie

Die Midde-Ooste[nota 1] is 'n transkontinentale streek wat gesentreer is rondom Wes-Asië, Siprus, Turkye (Suidoos-Europa), en Egipte (Noord-Afrika). Die ooreenstemmende byvoeglike naamwoord is Midde-Oosterse, en die afgeleide naamwoord is Midde-Oosterling.

Vroeër jare is die Eurosentriese sinoniem van die Midde-Ooste (in teenstelling met die verwysing na die Verre Ooste) oor die algemeen gebruik. Arabiere, Azerbeidjanners, Koerde, Perse, en Turke was die grootste etniese groepe in die streek, gegrond op bevolkingsgetalle,[1] terwyl die Armeniërs, Assiriërs, Sirkassiërs, Kopte, Droese, Grieke, Jode, Maronites, Somaliërs, en ander etniese en etno-godsdienstige groepe die beduidende minderheidsgroepe uitgemaak het.

Die geskiedenis van die Midde-Ooste dateer uit die antieke tye, met die (geopolitieke) belangrikheid van die streek wat al vir millennia hoog geag word.[2][3][4] Verskeie vername gelowe het hul oorsprong in die Midde-Ooste. Dit sluit in: Judaïsme, die Christendom, en die Islam; die Baha’i, Mandaïsme, Vrye-Droese, en talle ander geloofstelsels het ook hul oorsprong in die streek.

Die Midde-Ooste se klimaat is oor die algemeen warm en dor, met verskeie groot riviere wat besproeiing moontlik maak vir landbou in bepaalde gebiede soos die Nyldelta in Egipte, die Tigrisrivier en die Eufraat se waterskeidings van Mesopotamië, en die meeste van die sogenaamde Vrugbare Halfmaan.

Die meeste lande wat grens aan die Persiese Golf het groot reserwes van ru-olie, met die diktators van die Arabiese Skiereiland wat veral baat vind by die petroleum-uitvoere.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found

  1. Ethnic Groups of Africa and the Middle East: An Encyclopedia. Besoek op 26 Mei 2014.
  2. Cairo, Michael F. The Gulf: The Bush Presidencies and the Middle East University Press of Kentucky, 2012 ISBN 978-0-8131-3672-1 p xi.
  3. Government Printing Office.
  4. Kahana, Ephraim.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search