Mikrogolfoond

'n Moderne mikrogolfoond
Hierdie vroeë voorbeeld van 'n mikrogolfoond is deur die Amerikaanse ondernemings Tappan, Raytheon en Westinghouse gemeenskaplik ontwikkel en ter geleentheid van die wêreldtentoonstelling van 1956 in Brussel, België vertoon

'n Mikrogolfoond is 'n oond waarin voedsel met mikrogolfstraling ontvries, verhit en gekook kan word.

Mikrogolfoonde verskaf nie net 'n tyd-, energie- en kostebesparende tegnologiese dimensie aan tradisionele kookkuns nie, maar is ook uiters geskik vir die bereiding van gesonde kos aangesien net baie klein hoeveelhede water vir die gaarmaak van groente en aartappels benodig word. Die kos word in die mikrogolfhouer gestoom sodra die water kook en verdamp. Sodoende word vitamiene en voedselstowwe bewaar en nie saam met die kookwater weggegooi nie.

Sekere voedselsoorte soos aartappels, wat in dun skyfies gesny is, kan in die oond maklik gedroog word as 'n vetvrye alternatief tot kommersiële aartappelskyfie-produkte uit die supermark.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search