Moldowa

Republiek Moldowa
Republica Moldova (Roemeens)
Vlag van Moldowa Wapen van Moldowa
Vlag Wapen
Volkslied: Limba Noastră
(Roemeens vir: "Ons Taal")
Ligging van Moldowa
Hoofstad Chișinău

47°0′N 28°55′O / 47.000°N 28.917°O / 47.000; 28.917

Grootste stad Chișinău
Amptelike tale Roemeens (ook Moldawies genoem)a[1][2][3]
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Maia Sandu
Dorin Recean
Onafhanklikheid
Vorming
• Prinsdom Moldawa
• Goewerment Bessarabië
• Demokratiese Republiek
• Vereniging met Roemenië
• Moldawiese ASSR
Moldawiese SSR
• Transnistrië-oorlog
• Onafhanklikheid van
die Sowjetunie
• Huidige grondwet


1346
1812
15 Desember 1917
9 April 1918
12 Oktober 1924
2 Augustus 1940
2 November 1990

27 Augustus 1991b
29 Julie 1994
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
33 843,5[4] km2  (135ste)
13 67 (met Transnistrië) myl2
1,4
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
2 512 758[5]
(met Transnistrië) (139ste)
2 804 801[6] (met Transnistrië)
82,8 / km2 (125ste)
214,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$45,023 miljard[7] (132ste)
$18 367[7] (98ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$17,163 miljard[7] (130ste)
$7 002[7] (130ste)

MOI (2021) 0,767[8] (80ste)  –  hoog
Gini (2021) 25,7[9](6de) –  laag
Geldeenheid Leu (MDL)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+02)
OEST (UTC+03)
Internet-TLD .md
Skakelkode +373
a. Soos bepaal deur die Moldawiese Onafhanklikheidsverklaring – wat volgens die Grondwetlike hof van Moldawië voorrang geniet bo artikel 13 van die Moldawiese grondwet – wat die naam Moldawies gebruik".[1]
b. Datum van proklamasie. Die onafhanklikheid is daarna in Desember 1991 met die ontbinding van die Sowjetunie gefinaliseer.

Moldowa (Roemeens: Moldova, [molˈdova], , amptelik die Republiek Moldowa (Republica Moldova), voorheen Moldawië, is ’n landingeslote land in Suidoos-Europa, grotendeels geleë tussen die Proet- en die Dnisterrivier. Dit word in die weste begrens deur Roemenië en verder deur Oekraïne. Die hoofstad is Chișinău (Russies: Kisjinef). Die land word beskou as een van die armstes in Europa.

Nasa-Satellietbeeld van Moldowa

Die bevolking is oorwegend Moldowies (Sowjet-naam: Moldawies; ’n benaming wat ná die skeiding van die res van Moldawië in gebruik gekom het: die inwoners van Roemeense Moldawië word as Roemeniërs beskou). Daar is ook Oekraïense, Russiese en Gagaoesiese minderhede.

Moldowa was tot in 1991 deel van die Sowjetunie as die Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Die grondgebied van die nuwe land kom ooreen met dié van die voormalige Sowjetrepubliek en gedeeltelik met dié van die ouer Bessarabië (wat tot die Tweede Wêreldoorlog Roemeens was). Slegs die suidelikste en noordelikste deel van Bessarabië behoort tot die Oekraïne, terwyl die gebied aan die linkeroewer van die Dnister, Transnistrië, nooit tot Bessarabië behoort het nie, maar volgens die grootste deel van die wêreldgemeenskap wel behoort tot die huidige Moldowa. Transnistrië het hom in 1991 eensydig onafhanklik verklaar. Die tweede belangrikste stad van Moldowa, Tiraspol, lê in dié gebied.

Die land is ’n parlementêre republiek met ’n president as staatshoof en ’n premier as regeringshoof. Dit is in Maart 1992 toegelaat tot die Verenigde Nasies. Dit is ook lid van verskeie ander internasionale organisasies en hoop om lid te word van die Europese Unie.[10]

  1. 1,0 1,1 (en) Associated Press (5 Desember 2013). "Chisinau Recognizes Romanian As Official Language". Radio Free Europe/Radio Liberty. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 2 September 2021.
  2. (en) Roudik, Peter (23 Desember 2013). "Moldova: Romanian Recognized as the Official Language". Law Library of Congress. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 2 September 2021.
  3. (en) "The text of the Declaration of Independence prevails over the text of the Constitution". Constitutional Court of Moldova. 5 Desember 2013. Besoek op 23 Desember 2016.
  4. (Mo) "Republica Moldova – Geografie". Moldova. 26 Augustus 2016.
  5. (Mo) "Numărul populației cu reședință obișnuită, pe sexe şi grupe de vârstă, în profil teritorial la 1 ianuarie 2023". Moldowiese Nasionale Statistiekkantoor. 8 Junie 2023. Besoek op 7 Maart 2024.
  6. (Mo) "Recensamântul Populației si al Locuințelor 2014". Biroul Național de Statistică al Republicii Moldova (BNS). 2 Augustus 2013. Besoek op 7 Maart 2024.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 (en) "Moldova". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op 7 Maart 2024.
  8. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 7 Maart 2024.
  9. (en) "Gini Index – Moldova". Wêreldbank. Besoek op 7 Maart 2024.
  10. (en) "Moldova will prove that it can and has chances to become EU member,". Moldpress News Agency. 19 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search