Moltrein

Ondergrondse moltreinstasie in Frankfurt am Main, Duitsland
Moltrein-netwerke in die wêreld[1]: ██ Moltrein in een stad ██ Moltrein in twee of meer stede ██ Moltrein in aanbou ██ Beplande moltrein ██ Geen moltrein
Binne die trein van die Metro van Helsinki
Hierdie artikel handel oor die vervoerstelsel. Vir die Dan Roodt-roman, sien Moltrein (roman).

'n Moltrein (Engels: Underground, Subway, Tube, Nederlands: Metro) is 'n ondergrondse spoorwegvervoerstelsel in groot stede wat die middestad met die omliggende stedelike gebiede verbind. Dit bestaan uit 'n netwerk van lyne wat ondergronds in tonnels of bogronds op viadukte loop. Geen verkeer of ander spore kruis moltreinspore nie. Aan albei punte van 'n moltrein is 'n stuurkajuit sodat die trein in enige rigting kan beweeg. Gewoonlik is daar deure aan albei kante van die trein sodat passasiers op twee verskillende perrone kan afklim. Treine kan kort op mekaar volg omdat gevorderde sinjaalstelsels gebruik word. Hulle kan ook baie vinnig wegtrek en stilhou. Die moltrein is 'n vinnige, gerieflike vervoermiddel vir pendelaars vanaf verskillende voorstede na en van 'n stad of ander voorstede. Die grootste moltreinstelsels (meeste passasiers) is:

Stad Jaar geopen Afstand Getal passasiers per jaar
Moskou 1935 340 km 3,2 miljard
Tokio 1927 281 km 2,6 miljard
New York 1904 371 km 1,9 miljard
Seoel 1974 278 km 1,4 miljard
Meksikostad 1969 202 km 1,4 miljard
Parys 1900 211 km 1,2 miljard
Osaka 1933 114 km 957 miljoen
Londen 1863 415 km 866 miljoen
Hongkong 1979 82 km 790 miljoen
St. Petersburg 1955 110 km 721 miljoen
  1. www.urbanrail.net

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search