Monnik

Hierdie artikel handel oor 'n man wat om godsdiensredes in 'n klooster woon. Vir ander betekenisse, sien Monnik (dubbelsinnig).
'n Portret van 'n Katolieke monnik van die Orde van die Kartuisers (1446).
'n Groep Boeddistemonnike neem aan 'n bespreking deel.
Boeddhistemonnike besig met 'n seremonie in Hangzhou, China.

'n Monnik (via Nederlands monnik en Latyn monachus uit Grieks μοναχός monachos, van μόνος monos, "alleen") is 'n man wat in 'n klooster woon en aan 'n bepaalde dissipline onderdanig is.[1] Hulle woon óf alleen óf saam met ander monnike.[2] 'n Monnik kan besluit om sy lewe te wy aan diens aan alle lewende wesens, of hy kan 'n askeet wees wat verkies om hom aan die hoofstroomgemeenskap te onttrek om sy lewe in gebed en oordenking deur te bring. Die begrip is antiek en kom in baie godsdienste en filosofieë voor.

In Grieks kan die term ook op vroue van toepassing wees, maar in Afrikaans word dit net vir mans gebruik; vroue word nonne genoem. Hoewel die woord 'n Christelike oorsprong het, word dit ook vir ander godsdienste en filosofiese agtergronde gebruik.

Tradisies van Christelike monastisisme word in baie groot denominasies aangetref, soos Katolisisme, Lutheranisme, Oriëntale Ortodoksie, Oosterse Ortodoksie, Anglikanisme en Metodisme. Ook in Indiese godsdienste soos Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme kom monastiese tradisies voor.

  1. "Monnik" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 2 Februarie 2022.
  2. "monk noun (1)". Merriam-Webster.com Dictionary. Besoek op 17 Augustus 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search