Morfeem

Voorbeelde
  • Onbreekbaar bestaan uit drie morfeme, on- ('n fleksiemorfeem wat "nie" beteken), -breek- (die stam, 'n vrye morfeem), en -baar ('n fleksiemorfeem wat "doenbaar" beteken).
  • Struikrowers bestaan uit vier morfeme, die vrye morfeem struik, die vrye morfeem roof, die fleksiemorfeem en agtervoegsel -er en die fleksiemorfeem en agtervoegsel -s.
  • Gebruiksaanwysings bestaan uit drie morfeme, twee vrye morfeme gebruik en aanwysings, en dan die bindmorfeem -s-.

’n Morfeem is die kleinste betekenisdraende deeltjie waarin woorde opgedeel kan word. Dit wil sê die morfeem is ’n struktuur wat uit klankeenhede bestaan, maar klank is in die geheel nie betekenisdraend nie. Nie alle morfeme is woorde nie, maar sommige woorde kan uit slegs een morfeem bestaan. ’n Morfeem mag alleenstaande of nie-alleenstaande wees, terwyl ’n woord per definisie alleenstaande is. As ’n alleenstaande morfeem ’n woord is, word dit as ’n stam geklassifiseer. Affikse word tot morfeme gevoeg om komplekse te vorm en ’n affiks ken verdere betekenis aan morfeme toe, byvoorbeeld ’n attributiewe –s as pluraliseerder of predikatiewe ge- om ’n werkwoord in die verledetyd te plaas.

Ons onderskei tussen twee tipes morfeme:

  • 'n Vrye morfeem (ook bekend as 'n stammorfeem, of slegs stam) kan as 'n selfstandige woord gebruik word.
  • 'n Gebonde morfeem (ook bekend as 'n fleksiemorfeem) kom uitsluitlik in kombinasie met een of meer vrye morfeme voor.

Wat woordstruktuur betref, het elke woord 'n vrye- of stammorfeem, en kan dit een of meer fleksiemorfeme hê.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search