Mutare (vroeër Umtali) | |
---|---|
![]() Mutare se middestad in 2001. | |
Byname: Gateway to the Eastern Highlands, Zimbabwe's Gateway to the Sea | |
Leuse(s): "Justice and Freedom" | |
Koördinate: 18°58′0″S 32°38′0″O / 18.96667°S 32.63333°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Manicaland |
Stigting | 1897 |
Regering | |
• Burgemeester | Brian James |
Hoogte | 1 120 m (3 670 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 170 106 |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Mutare (tot omstreeks 1982 Umtali) is die derde grootste stad in Zimbabwe naas Harare en Bulawayo. Die geraamde bevolking was 193 629 in 2007. Dit is die hoofstad van die provinsie Manikaland. Umtali was die Sjangaan-vorm van die huidige Mutare.
Toe Cecil John Rhodes die eerste keer die latere Zimbabwe besoek het, het hy vanaf Beira met die enigste toe bestaande spoor gereis, oor 'n bergreeks tussen Mosambiek en Zimbabwe en neergedaal in die vallei van die Mutarerivier. Daar het hy meer as 160 opkomende myne gesien, bewys vir hom van ongekende mineralerykdom in 'n land wat hy as die hedendaagse El Dorado beskou het. Selfs die naam, wat in 'n inheemse taal "rivier van erts" beteken, was 'n aanduiding van die vroeëre ontginning van minerale hier.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search