Muurbal

'n Muurbalspel tussen twee spelers.
'n Muurbalbaan met glaswande, sodat toeskouers die spel kan dophou.

Muurbal is 'n raketsport wat deur twee deelnemers in 'n geslote ruimte gespeel word. Tydens die spel word 'n klein rubberballetjie met 'n raket teen die voorste muur geslaan. Die doel is om die teenstander te klop deur die bal te slaan en twee keer te laat bons voordat die opponent daarby kan uitkom, of om die opponent te dwing om die bal buite spel te slaan.

Muurbal is 'n binnenshuise spel wat 2 spelers met 'n klein rubberbal en rakette speel. Die doel is om die bal op so 'n wyse teen die mure van ʼn vertrek te slaan dat die teenstander dit of nie kan bereik voordat dit 2 keer op die vloer gewip het nie, of dat hy 'n mislukte hou slaan. Net die afslaner kan punte aanteken, en as hy 'n fout maak, verloor hy die reg om die bal af te slaan en sy teenstander (wat dan die afslaner is), kry dan die geleentheid om punte in te samel.

'n Wedstryd word gewoonlik oor 5 stelle beslis, en die speler wat eerste 9 punte behaal, wen 'n stel. Muurbal het sy oorsprong in Engeland, maar Suid-Afrika was een van die eerste lande waar die sportsoort op 'n georganiseerde grondslag beoefen is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search