NASDAQ

NASDAQ se kenteken.
NASDAQ se kenteken.

NASDAQ ('n akroniem vir National Association of Securities Dealers Automated Quotations) is 'n elektroniese effektebeurs in die VSA. Dit is deur die National Association of Security Dealers (NASD) in die V.S.A gestig wat dit in 'n reeks transaksies in 2000 en 2001 van die hand gesit het. Dit word tans besit en bestuur deur The Nasdaq Stock Market Inc. wat in 2002 op sy eie beurs genoteer is.

Die NASDAQ is die grootste elektroniese skermgebaseerde elektroniese effektebeurs in die Verenigde State. Meer maatskappye (~3200) is daar genoteer as op enige ander VSA-beurs en daar word daagliks ook meer aandele verhandel as op enige ander mark in die VSA. Die huidige uitvoerende direkteur is Robert Greifeld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search