NUM

Die National Union of Mineworkers (NUM) is 'n vakbond in Suid-Afrika. Die vakbond is in 1982 gestig en het vinnig gegroei. In 1983 bekom hulle bedingingsmagte in die Kamer van Mynwese. Met 'n lidmaatskap van 300 000 is dit die grootste filiaal van COSATU.

NUM het in die 1980's 'n suksesvolle veldtog geloods om 'n einde aan werkreservering te bring, 'n stelsel wat sekere werke aan blankes toevertrou het.

NUM is internasionaal met die International Federation of Chemical, Energy, Mine and General Workers' Unions geaffilieer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search