Die nabyaardevoorwerp 433 Eros, wat in 2000 deur die tuig NEAR Shoemaker besoek en op ’n afstand van 200 km van sy middelpunt af gefotografeer is.
’n Nabyaardevoorwerp (NAV), ook genoem 'n aardskrammer,[1] is enige voorwerp in die Sonnestelsel waarvan die wentelbaan naby aan dié van die Aarde kom. Per definisie is alle NAV's se kleinste afstand van die Son af (hul perihelium) minder as 1,3 astronomiese eenhede (AE).[2] Dit sluit in 13 000 nabyaardeasteroïede, meer as 100 nabyaardekomete en verskeie ruimtetuie en meteoroïdes wat groot genoeg is om in die ruimte op te spoor voordat dit die Aarde tref.
Daar word nou aanvaar botsings in die verlede het ’n groot rol gespeel in die vorming van die Aarde se geologiese en biologiese geskiedenis.[3] NAV's het sedert die 1980's van toenemende belang geword vanweë ’n groter bewustheid van die moontlike gevaar wat sommige asteroïede en komete vir die Aarde inhou.[4] In Januarie 2016 het Nasa bekendgemaak dat ’n liggaam, die Planetary Defense Coordination Office, gestig is om NAV's groter as 30 tot 50 meter in deursnee op te spoor en ’n doeltreffende beskermingsplan op te stel.[5]
NAV's het wentelbane van tussen 0,983 en 1,3 AE van die Son af.[6] Wanneer ’n NAV waargeneem word, word dit onder die aandag van die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) se Kleinplaneetsentrum gebring om te katalogiseer. Sommige NAV's se wentelbane kruis die Aarde s’n en hou dus ’n gevaar in.[7]
Komete
0.8%
Atiras/Apohele
0.1%
Atens
7.2%
Apollo's
53.5%
Amors
38.4%
Subgroepe NAV's
’n Botsing met enige NAV met ’n deursnee van meer as ’n kilometer kan katastrofies wees. In Junie 2015 was daar 872 sulke NAV's bekend, waarvan 153 moontlike gevaar inhou.[8] In 2006 is geraam 20% van dié soort voorwerpe is nog nie ontdek nie.[9] ’n Meer positiewe raming is dat 93% van NAV's groter as 1 km gevind is en net sowat 70 nog ontdek moet word.[10] Mindere kennis bestaan oor kleiner voorwerpe, wat steeds grootskaalse skade kan aanrig.
Die bedreiging van moontlik gevaarlike voorwerpe (MGV's) word gemeet aan hoe naby hulle aan die Aarde kan kom.[11] Voorwerpe wat tot 0,05 AE of minder van die Aarde se wentelbaan kan kom en ’n absolute magnitude (H) van 22 of hoër het (’n rowwe aanduiding van die grootte) word as MGV' beskou. Voorwerpe wat nie nader as dit van die Aarde kan kom nie of ’n kleiner deursnee as sowat 150 m het, word nie as gevaarlik beskou nie.[2] Nasa se katalogus van nabyaardevoorwerpe sluit ook hul afstand in maanafstande in,[12] en dit word dikwels in die media gebruik as ’n algemene maateenheid wanneer oor dié voorwerpe berig word.
Sommige NAV's wat nie groot gevaar inhou nie is van besondere belang omdat hulle maklik verken kan word.[13][14] In 2012 het ruimtetuie al drie NAV's besoek: 433 Eros deur Nasa se Near Earth Asteroid Rendezvous-tuig,[15]25143 Itokawa deur die Hayabusa-sending[16] en 4179 Toutatis deur die Chinese Ruimteagentskap se Chang'e 2-tuig.[4][17]
↑Van Zyl, J.E. Ontsluier die heelal, Protea Boekhuis, Pretoria. Tweede uitgawe. 2002. Gedruk en gebind deur Interpak. SBN 191-9-8254-44
↑ 2,02,1"NEO Groups" (in Engels). NASA/JPL Near-Earth Object Program Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2017. Besoek op 4 Junie 2012.
↑Richard Monastersky (1 Maart 1997). "The Call of Catastrophes" (in Engels). Science News Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2013. Besoek op 23 Oktober 2007.
↑Morbidelli, Alessandro; Bottke Jr., William F.; Froeschlé, Christiane; Michel, Patrick (Januarie 2002). W. F. Bottke Jr.; A. Cellino; P. Paolicchi; R. P. Binzel (reds.). "Origin and Evolution of Near-Earth Objects"(PDF). Asteroids III. University of Arizona Press: 409–422. Bibcode:2002aste.conf..409M.
↑Rui Xu; Pingyuan Cui; Dong Qiao; Enjie Luan (18 Maart 2007). "Design and optimization of trajectory to Near-Earth asteroid for sample return mission using gravity assists". Advances in Space Research. 40 (2): 200–225. Bibcode:2007AdSpR..40..220X. doi:10.1016/j.asr.2007.03.025. {{cite journal}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)