Narkolepsie

Narkolepsie
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 G47.4
ICD-9 347
OMIM 161400
DiseasesDB 8801
MedlinePlus   000802
eMedicine neuro/522
MeSH D009290
Mediese waarskuwing

Narkolepsie is 'n toestand waar herhaalde "slaap-aanvalle" voorkom wat nie weerstaan kan word nie. Dit kan ook saam met katapleksie voorkom asook met indringende elemente van REM-slaap tydens die oorgang tussen slaap en wakker. Laasgenoemde manifesteer met hipnogogiese hallusinasies of hipnopompiese hallusinasies of selfs slaapparalise aan die begin of einde van slaap-episodes.

Simptome begin gewoonlik in adolessente of jong volwassenes en duur voort tot bejaardheid. Dit kom ewe veel in geslagte voor en 'n familiegeskiedenis is soms teenwoordig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search