Die National Aeronautics and Space Administration, afgekort as NASA of Nasa, is 'n onafhanklike agentskap van die federale owerheid in die Verenigde State van Amerika (VSA), wat verantwoordelik is vir die VSA se menslike ruimtevaartprogram. NASA doen ook navorsing, en koördineer navorsing op die gebied van lug- en ruimtevaart.
Die Amerikaanse president Dwight D. Eisenhower het die National Aeronautics and Space Administration in 1958[1] gestig met 'n duidelike burgerlike (eerder as 'n militêre) oriëntasie om vreedsame toepassings in die ruimtelike wetenskap aan te moedig. Die NASA-wet is op 29 Julie 1958 aanvaar en het NASA se voorganger, die National Advisory Committee for Aeronautics (NACA), ontbind. Die nuwe agentskap het op 1 Oktober 1958 amptelik in werking getree.[2][3]
NASA het verskeie navorsingsentrums reg oor die VSA, bv. Johnson-ruimtesentrum, Jet Propulsion Laboratory (JPL), Kennedy-ruimtesentrum, Goddard-ruimtevlugsentrum, Glenn-navorsingsentrum en ook verskeie vuurpyllanseerplekke, die bekendste is Kaap Canaveral in Florida.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search