Nedersakse

Land Niedersachsen (Duits)
Land Neddersassen (Nederduits)
Lound Läichsaksen (Saterfries)
Deelstaat Nedersakse
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits, Nederduits en Saterfries[1]
Hoofstad: Hannover
Stigting: 1 November 1946[2]
Volkslied (Landeshymne): Niedersachsenlied
Oppervlakte: 47 709,82 km²[3] (2de)
Bevolking: 8 008 135[4] (4de)
(31 Desember 2023)
Bevolkingsdigtheid: 168 inwoners / km² (12de)
BBP
 - Totaal (4de)
 - % Verandering teenoor vorige jaar
 - per inwoner
2024
381,267 miljard €[5]
3,3%
47 610 €
Totale skuldlas: 57,284 miljard €[6] (30 September 2024)
Skuldlas per inwoner: 7 153 € (30 September 2024)
Werkloosheidsyfer: 6,1[7] (April 2025)
ISO 3166-2: DE-NI
Amptelike webwerf: www.niedersachsen.de
Politiek
Eerste minister: Olaf Lies (SPD)
(sedert 20 Mei 2025)
Regerende partye: SPD en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(146 setels) (2017: 137 setels):
SPD 57 (2017: 55)
CDU 47 (50)
B90/Grüne 24 (12)
AfD 18 (9)
Laaste verkiesing: 9 Oktober 2022
Volgende verkiesing: 2027
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 6 (van 69)
Kaart

Nedersakse (Duits: Niedersachsen, [ˈniːdɐzaksn̩], ; Nederduits: Neddersassen; Saterfries: Läichsaksen), amptelik die Deelstaat Nedersakse (Duits: Land Niedersachsen, landkode: NI, afkorting: Nds.; Nederduits: Land Neddersassen; Saterfries: Lound Läichsaksen), is 'n deelstaat in die noorde van Duitsland. Volgens sy oppervlakte van 47 710 vierkante kilometer en sy bevolking van 8 miljoen is Nedersakse die grootste deelstaat van Noord-Duitsland en die tweede grootste in Duitsland ná Beiere.

Alhoewel die moderne deelstaat Nedersakse eers so onlangs soos November 1946 met die samesluiting van Hannover, Oldenburg, Brunswyk en Schaumburg-Lippe geskep is, het die naam Nedersakse 'n lang historiese tradisie wat tot in die tyd van die groot volksverhuisings tussen die 3de en 7de eeu terugdateer – 'n periode toe die Sakse, 'n Germaanse stam, hulle hier gevestig het.

Hannover is met sowat 500 000 inwoners die hoofstad en grootste stad van Nedersakse. Die twee grootste stede van Noord-Wes-Duitsland, Hamburg en Bremen, speel eweneens 'n baie belangrike rol vir Nedersakse, aangesien hulle metropolitaanse gebiede ook na Nedersakse uitgebrei het.

  1. (de) "Verwaltungsbehörden und öffentliche Dienstleistungsbetriebe". Niedersächsisches Ministerium für Inneres und Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2018. Besoek op 22 September 2018.
  2. (de) "Verordnung Nr. 55, Bildung des Landes Niedersachsen". Landesamt für Statistik Niedersachsen. 1 November 1946. Besoek op 12 November 2022.
  3. (de) "Gebietsfläche in qkm – Stichtag 31.12. – regionale Tiefe: Kreise und krfr. Städte". Internetseite Bundesamt für Statistik. 31 Desember 2016. Besoek op 29 Julie 2019.
  4. (de) "Einwohnerzahl in Niedersachsen von 1960 bis 2024". Statista. 3 Maart 2025. Besoek op 20 Mei 2025.
  5. (de) "Bruttoinlandsprodukt von Niedersachsen von 1970 bis 2024". Statista. 29 April 2024. Besoek op 20 Mei 2025.
  6. (de) "Vorläufiger Schuldenstand der Länder". destatis. 30 September 2024. Besoek op 20 Mei 2025.
  7. (de) "Arbeitslosenquoten im November 2024 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. April 2025. Besoek op 20 Mei 2025.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search