Neogeen

Tekeninge van fossielen uit die Neogene megafauna in Meyers Konversations-Lexikon (1885–1890)

Die Neogeen is die tweede geologiese periode van die Kainosoïese Era en strek van die einde van die Paleogeen sowat 23 miljoen jaar gelede tot die begin van die Kwartêr sowat 2,588 miljoen jaar gelede. Dié periode bestaan uit twee epogs: die Mioseen en die Plioseen.

Die Neogeen strek oor sowat 20 miljoen jaar. In dié periode het soogdiere en voëls verder ontwikkel in baie van die moderne vorme, terwyl ander groepe diere relatief onveranderd gebly het. Die vroeë Hominidae, die voorouers van die mens, het in Afrika sy verskyning gemaak. Van die kontinente het verder geskuif – die belangrikste is Suid-Amerika wat laat in die Plioseen tot teen Noord-Amerika geskuif het. Dit het die warm seestrome van die Stille na die Atlantiese Oseaan afgesny. Die aarde se klimaat het aansienlik afgekoel tydens die Neogeen, en dit het gelei tot ’n reeks ysvormings in die daaropvolgende Kwartêr.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search