Neum

Neum (Cyrillies: Неум; uitspraak: Nêoem) is 'n dorp en munisipaliteit in Bosnië en Herzegowina en die enigste dorp in die land wat aan die see grens. Dit is dus die land se enigste toegang tot die Adriatiese See. In 2013 het die munisipaliteit Neum 4 653 inwoners en die dorp 3 013 inwoners gehad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search