Neurodiversiteit

Outistiese kuns wat die natuurlike diversiteit van die menslike brein uitbeeld.

Neurodiversiteit verwys na die variasies in die menslike brein wat betref sosiale gedrag, leervermoë, aandag, buie en ander geestelike werkinge in 'n niepatologiese sin.[1] Die term is in 1998 geskep deur die sosioloog Judy Singer, wat saam met die joernalis Harvey Blume gehelp het om die begrip gewild te maak.[1] Dit daag ander sienings uit, soos dat sekere neuro-ontwikkelingsteurings inherent patologies is, en aanvaar daarenteen die sosiale model van gestremdheid, waarin die gemeenskap se grense die grootste faktor is wat mense "gestremd" maak.[2][3]

Dié siening is veral gewild in outismekringe, waar dit omstrede is en teenstanders voel dit weerspieël nie die realiteite van individue wat 'n groot behoefte aan steun het nie.[4][5]

  1. 1,0 1,1 Armstrong, Thomas (2011). The power of neurodiversity : unleashing the advantages of your differently wired brain (1st Da Capo Press paperback uitg.). Cambridge, MA: Da Capo Lifelong. ISBN 978-0-7382-1524-2. OCLC 760085215.
  2. Oliver, Michael, 1945–2019. (2006). Social work with disabled people. Sapey, Bob. (3rd uitg.). Basingstoke, Hampshire: Palgrave Macmillan. ISBN 1-4039-1838-4. OCLC 62326930.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Chapman, Robert (10 Januarie 2019). "Neurodiversity Theory and Its Discontents: Autism, Schizophrenia, and the Social Model of Disability". In Tekin, Serife; Bluhm, Robyn (reds.). The Bloomsbury Companion to Philosophy of Psychiatry (in Engels). Bloomsbury Publishing. pp. 371–387. ISBN 978-1-350-02406-9.
  4. Opar, Alisa (6 Mei 2019). "A medical condition or just a difference? The question roils autism community". The Washington Post. Besoek op 12 Mei 2019.
  5. Robison, John E. "The Controversy Around Autism and Neurodiversity". Psychology Today (in Engels (VSA)). Besoek op 14 Mei 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search