Nieu-Brunswyk

Nouveau-Brunswick
New Brunswick
Nieu-Brunswyk
Vlag Landswapen
(Vlag van Nieu-Brunswyk) (Landswapen van Nieu-Brunswyk)
Leuse : Spem Reduxit
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Fredericton
45°57′N 66°38′W / 45.950°N 66.633°W / 45.950; -66.633
Grootste stad Saint John (Saint-Jean)
Goewerneur-generaal Brenda Murphy
Eerste Minister Blaine Higgs (Progressive-conservative Party)
Oppervlakte 72 908 km²
 - Land 71 450 vk km
 - Water 1 458 vk km (2,0%)
Bevolking (2007)
 - Totaal 750 851 inw.
 - Digtheid 10,3 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
 - Datum 1 Julie 1867
Verteenwoordiging in die Parlement
 - Parlement 10
 - Senaat 10
Posafkorting NB
Voorsetsel by poskode E
Tydsone UTC -4
Internet-domein .nb.ca

Nieu-Brunswyk (Engels: New Brunswick, Frans: Nouveau-Brunswick) is een van Kanada se drie Maritieme of Atlantiese provinsies en die enigste in die land wat volgens sy grondwet Engels sowel as Frans as ampstale erken en gebruik. In teenstelling met die konflikte in ander Kanadese provinsies streef die twee taalgroepe in Nieu-Brunswyk die beginsel van vreedsame naasbestaan na.

'n Landskapstoneel in die Nasionale Fundy-park

Volgens 'n skatting van Statistics Canada/Statistique Canada was die bevolking op 1 Oktober 2007 750 851, van wie 35 persent Franssprekendes wat merendeels van Akadiese afkoms is en veral in die Akadiese kusgebied aan die Sint-Laurensrivier tussen die stede Shediac en Caraquet woon. Die provinsiale hoofstad is Fredericton wat net soos Saint John (Saint-Jean) sterk deur die Britse tradisies van sy oorspronklike Lojaliste-bevolking beïnvloed is.

Die provinsie se naam is afgelei van die Engelse benaming vir die Noord-Duitse stad Braunschweig, van waar die voorouers van die Engelse koning George III en die koninklike Huis Hannover oorspronklik gekom het.

Alhoewel Nieu-Brunswyk nie tot die belangrikste bestemmings vir buitelandse toeriste in Kanada behoort nie, pronk die provinsie met 'n natuurskoon wat 'n kuslyn van 2 300 kilometer, die bekende Fundy-baai met sy groot getyverskil van sowat vyftien meter en die warmste watertemperature noord van Florida aan sy noordelike strande. Die binneland word deur heuwelagtige gebiede met uitgestrekte bladwisselende loofbosse, wat gedurende die najaar met hul herfskleure spog, en die riviergebiede van die Saint-Jean (Saint John) en Miramichi oorheers. Die Miramichirivier is 'n gewilde bestemming vir salmhengelaars.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search