Noors

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Noorweërs.
Noors
norsk 
Uitspraak: [nɔʁsk] of [nɔʃk]
Gepraat in: Vlag van Noorweë Noorweë 
Gebied: Noord-Europa
Totale sprekers: 4,7 miljoen[1] 
Rang: 111
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Noord-Germaans
   Wes-Skandinawies
    Noors 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Nordiese Raad
Vlag van Noorweë Noorweë
Gereguleer deur: Instituut van Noors
Taalkodes
ISO 639-1: no
ISO 639-2: nor
ISO 639-3: nor 
Die taalvoorkeure van Noorse munisipaliteite: Bokmål, Nynorsk of Nøytral. Die laasgenoemde groep gebruik in die praktyk dikwels Bokmål

Noors (norsk [nɔʁsk] of [nɔʃk]) maak deel uit van die Noord-Germaanse tak van die Indo-Europese taalfamilie en word deur sowat 4,7 miljoen mense as moedertaal gepraat, veral in Noorweë waar dit ook as ampstaal dien.

Die Noorse taal is in vier taalvorme gestandaardiseer, waarvan twee amptelike status geniet:

  • Bokmål ([bukmoːl], letterlik: Boektaal, geniet ampstaalstatus)
  • Nynorsk ([nyːnɔrsk], letterlik: Nieu-Noors, geniet ampstaalstatus)
  • Riksmål ([riːksmoːl], letterlik: Rykstaal; 'n baie behoudende variant van Bokmål wat nog sterk Deense invloede toon en geen amptelike status geniet nie)
  • Høgnorsk ([høːgnɔrsk], letterlik: Hoog-Noors; 'n baie behoudende variant van Nynorsk wat sterk op Ivar Aasen se oorspronklike standaardisering steun en geen amptelike status geniet nie)

Bokmål/Riksmål, waarna in die omgangstaal dikwels onpresies as Norsk ("Noors") verwys word, word deur tussen 85 en 90 persent van die Noorse bevolking as skryftaal gebruik en het in taalkundige opsig aanvanklik geen selfstandige taal gevorm nie, maar was eerder 'n variant of dogtertaal van Deens wat eers geleidelik by die oorspronklike Noorse woordeskat, spelling en uitspraakgewoontes aangepas is. Riksmål is 'n nie-amptelike variant wat baie ooreenkomste met die gematigde Bokmål toon – dit staan in die tradisie van die Deens-Noorse literatuur en is minder aangepas by die oorspronklike Noorse dialekte.

Nynorsk toon daarenteen meer ooreenkomste met die Wes-Skandinawiese tale Faroëes en Yslands as Bokmål, Deens en Sweeds. Nynorsk word deur tussen 10 en 15 persent van die Noorse bevolking as skryftaal gebruik. Ten spyte van die voorsetsel Ny- ("Nieu-") is Nynorsk of Nieu-Noors die ouere van die twee amptelike Noorse taalvariante.

Høgnorsk word net in baie klein kringe gebesig.

Die twee variante Bokmål en Nynorsk bevat 'n groot aantal elemente wat ook in die Sweedse taal voorkom. Noorweërs, Dene en Swede kan mekaar in die algemeen goed verstaan.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Norwegian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019. Besoek op 31 Maart 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search