Nunavik

Die Nunavik-streek

Nunavik  (Inuktitut: ᓄᓇᕕᒃ) bestaan uit die noordelike derde van Quebec-provinsie, Kanada in Kativik, 'n deel van die Nord-du-Québec-streek. Dit beslaan 'n gebied van 443 684,71km2 noord van die 55ste parallel, en is die tuiste van die Inuïete van Quebec. Meeste van die 12 090 inwoners, waarvan 90% Inuïete is, bly in veertien dorpies langs die kus of in die Cree-gereserveerde gebied (TC) van Whapmagoosti, naby die noordelike dorp van Kuujjuarapik.

Nunavik beteken "groot land" in die plaaslike Inuïtiese dialek, en die Inuïete van die streek noem hulself Nunavimmuit. Tot 1912 was die gebied deel van die Distrik van Ungava van die Noordwestelike Gebiede.

Onderhandelinge vir streeksoutonomiteit en die uitsortering van uitstaande grondeise het in die 2000's plaasgevind. Die streek se hoofstad sou Kuujjuaq gewees het. Onderhandelinge vir die bevordering van die Inuïete se politieke regte is steeds aan die gang. [1]

  1. "Aboriginal Peoples in Canada in 2006: Inuit, Métis and First Nations, 2006 Census: Inuit: Inuit population: Young and growing" (in Engels). Statistics Canada. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2008. Besoek op 11 April 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search