Oegarit

Oegarit
Ras Sjamra
Ingang tot die koninklike paleis van Oegarit.
Ingang tot die koninklike paleis van Oegarit.
Land Vlag van Sirië Sirië
Soort Nedersetting
Streek Vrugbare Sekel
Geskiedenis
Gestig c. 6000 v.C.
Tydperk Neolitikum tot Laat Bronstydperk
Kulture Kanaänities
Uitgrawings 1928-tans

Oegarit (Oegarities: 𐎜𐎂𐎗𐎚 ʼOegart, Arabies: أُوغَارِيت Oegarit) was ’n antieke hawestad in Noord-Sirië, aan die buitewyke van die hedendaagse Latakia, wat in 1928 per ongeluk ontdek is saam met die Oegaritiese tekse. Die ruïnes word dikwels Ras Sjamra [1] genoem, na die landpunt waar dit geleë is.

Oegarit het noue bande met die Hetitiese Ryk gehad, soms heffings na Egipte gestuur en handels- en diplomatieke bande met Siprus gehad. Dit blyk uit dokumente wat op die terrein ontdek is en word bevestig deur Miceense en Sipriotiese pottebakkersware wat daar aangetref is.

Die koninkryk was op sy hoogtepunt van omstreeks 1450 v.C. tot met sy verwoesting omstreeks 1200 v.C., moontlik aan die hand van die geheimsinnige Seevolke. Dit is een van baie wat tydens die verval van die Bronstydperk, die oorgang van die Laat Bronstydperk tot die Vroeë Ystertydperk, verwoes is.

  1. Arabies: رأس شمرة, letterlik "Kaap Vinkel". Sien [1]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search