Ontlastingsmikrobiota-oorplanting

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Weefsel met 'n Clostridioides difficile-infeksie
Die Escherichia coli-bakterie teen 10 000x vergroting

Ontlastingsmikrobiota-oorplanting, ook bekend as ontlastingoorplanting,[1] is die proses om die bakterieë en ander mikrobes in fesies van 'n gesonde individu na 'n ander individu oor te dra. Dit is 'n effektiewe behandeling vir Clostridioides difficile-infeksie (CDI).[2][3] Vir herhalende CDI is ontlastingsmikrobiota-oorplanting meer effektief as die antibiotika Vankomisien.[2][4]

Newe-effekte kan die risiko van infeksies insluit, daarom moet die skenker gekeur word.[5] Ontlastingsmikrobiota-oorplanting behels die herstel van die kolonmikroflora deur die instelling van gesonde bakteriële flora deur aftreksel van ontlasting deur middel van kolonoskopie, 'n klysma (enema), 'n buis deur die neus tot binne die maag, of eenvoudig deur die mond in die vorm van 'n kapsule wat ontlasting van 'n gesonde skenker bevat, wat in sommige gevalle gevriesdroog is.

Namate Clostridioides difficile-infeksie meer algemeen word, kry ontlastingsmikrobiota-oorplanting toenemende bekendheid, en sommige kundiges vra dat dit as die eerste behandeling vir CDI gebruik word.[6] Ontlastingsmikrobiota-oorplanting is eksperimenteel gebruik vir die behandeling van ander gastro-intestinale siektes, insluitend kolitis, hardlywigheid, prikkelbare dermsindroom en neurologiese toestande, soos veelvuldige sklerose en Parkinson se siekte.[7][8] In die Verenigde State word menslike ontlasting sedert 2013 as 'n eksperimentele geneesmiddel gereguleer. In die Verenigde Koninkryk is daar ook regulasies hiervoor.[9]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Rowan
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named vanNood2013
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Moayyedi
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Baunwall
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named fda
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Brandt
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named BorodyKhoruts2011
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named BorodyParamsothy2013
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Mullish

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search